Trump jnr. – Geen gekonkel met Russe

Die Amerikaanse president, Donald Trump, se oudste seun het die Kongres meegedeel dat hy beslis nie met Russiese beamptes geheul het tydens die 2016 veldtog van die presidentsverkiesing nie.

Donald Trump jnr. het Vrydag die Amerikaanse Senaat se Juridiese Komitee ook ingelig dat hy ’n ontmoeting gehad het met ’n Russiese parlementslid in Junie 2016 met die bedoeling om inligting te bekom wat Hillary Clinton se kandidatuur kon benadeel.

Hy het die ontmoeting kortgeknip toe dit duidelik geword het dat die Russiese parlementslid, Natalia Veselnitskaya, oor geen inligting van belang beskik nie.

President Trump se skoonseun, Jared Kushner, en die voormalige verkiesingsveldtog voorsitter, die FBI direkteur Christopher Wray, het later gesê hy kon geen inmenging vind rakende die 2016 verkiesing nie.

Foto – Donald Trump jnr.