Toetsbom van Noord-Korea lei tot skudding

Die Richterskaal het ’n aardbewing van 3,4 geregistreer in Noord-Korea, en word deur wetenskaplikes beskou as ’n “naskok” van die waterstofbom wat vroeër getoets is.

Die bom wat deur deskundiges beskryf is as die ergste bomontploffing wat geregistreer is sedert die afloop van die Tweede Wêreldoorlog, het die ganse mensdom se toekoms bedreig en het selfs Rusland sy afkeur daaroor uitgespreek.

Toe die ontploffing op 3 September geregistreer het, was dit verskeie wetenskaplikes se mening dat die ontploffing tot 15 keer kragtiger was as wat in 1945 geregistreer het met die ontploffing van ’n waterstofbom in Hiroshima.

Ondersoekers het vasgestel dat die skudding in Noord-Korea beslis ’n naskok was en nie veroorsaak is deur ’n tweede bomontploffing nie, en dit is vasgestel dat die middelpunt van die skudding naby die plek geleë is waar die toets op 3 September uitgevoer is.