Terroristeleier steeds in lewe

Die jongste eis dat die terroriste leier, Abu Bakr al-Baghdadi, van die Islamitiese Staat beweging gedood is, word nou verkeerd bewys nadat vasgestel is dat hy nog springlewendig is.

Etlike maande gelede het die Russiese weermag verklaar dat die leier in ’n lugaanval van Russiese vegvliegtuie omgekom het saam met talle ander vegters.

’n Amerikaanse weermag offisier sê dit is vasgestel dat die leier steeds lewe en die magte sê jagtog na Abu Bakr al-Baghdadi is steeds aan die gang.

Volgens die woordvoerder het die terroristeleier die aanval van die Russiese vegvliegtuie gedurende Mei vanjaar tog wel oorleef.

Die terroris se bewegings is egter nie bekend nie, maar die vermoede bestaan dat hy steeds iewers in Sirië of Irak skuil vanwaar hy as bevelvoerder optree.

Sy laaste openbare optrede was in Mosoel in 2014 waarna hy verskeie kere gesien is maar nie vasgetrek kon word nie.

Foto – Abu Bakr al-Baghdadi