Taxistakings in Kaap en Pretoria

Drie taxiverenigings nl, Codeta, Cata en Retreat Taxi Ass, gaan vandag in Kaapstad staak weens frustrasie oor huurmotor beslaglegging deur die owerhede asook nuwe wette wat huurmotors raak en verkiesing van nuwe bestuur van die SA Nasionale Huurmotor Raad.

Duisende pendelaars sal geraak word deur die staking.

In Pretoria neem die taxi’s ook weer aan ‘n optog deel, en groot verkeersvertragings word verwag, terwyl talle werknemers waarskynlik nie by hulle werk gaan kan uitkom nie.