Switserland maak jag op terroriste

Federale vervolgers in Switserland is besig met ’n intensiewe ondersoek na die leiersfigure van die land se Islam-groep wat verdink word die verspreiding van Al-Kaïda propaganda met videomateriaal op die Internet.

Indien die groep skuldig bevind sou word, kan hulle tot vyf jaar tronkstraf opgelê word.

Switserland se prokureur-generaal, Michael Lauber, se kantoor het bevestig dat drie lede van die Islamitiese Sentrale Raad die wette van die land oortree het deur propaganda te maak vir die verbanne Al-Kaïda en Islamitiese Staat.

Die Federale polisie het reeds meer as 60 sake geopen wat verband hou met propaganda vir die terroriste bewegings.

Woordvoerders in Switserland sê dit is opvallend dat die moeilikheidmakers meestal jonger lede van die Islam geloof is, wat wissel in die ouderdom van 16 tot 25 jaar.

Switserland het reeds meer as 400 000 Moslem inwoners, en talle burgers het hulle ontevredenheid uitgespreek oor die toename omdat dit na bewering ’n klimaat vir terrorisme kan skep.

Foto – Michael Lauber