Spaanse polisie neem beheer in Katalonië

Agt dae voor die referendum oor onafhanklikheid in die noordelike deelstaat van Spanje gehou word, het die minderheidsregering van Spanje die beheer oor die polisie in Katalonië oorgeneem.

Op bevel van die Prokureur das Koning het die paramilitêre polisie eenheid, Guardia Civil, beheer oorgeneem in Katalonië.

Die spanning is verder verhoog toe die Kataloniese minister van binnelandse sake, Joaquim Forn, gesê het die streek se polisie sal so ’n beslissing nie aanvaar nie.

Madrid probeer op verskeie maniere druk toepas op Katalonië om die beoogde referendum van 1 Oktober ongedaan te maak.

Verskeie leiers van Katalonië is vroeër in hegtenis geneem, inligtingspamflette oor die referendum is gekonfiskeer en ernstige waarskuwings is gerig tot kiesers om nie die stemlokale te besoek nie.

Die optrede van Spanje het kiesers woedend gemaak en het hulle verskeie kere hul ontevredenheid getoon in massa optogte wat veral in Barcelona gehou is.

Ingevolge ’n hofbevel word die onafhanklikheid van Katalonië verbied weens die bepalings van die Spaanse grondwet, maar Kataloniese separatiste sê hulle erken nie die howe van Spanje nie, en gaan voort met die referendum.

Die Spaanse polisie het 14 Kataloniese leiers in hegtenis geneem, maar die woedende skare se aanhoudende optogte deur die strate het die polisie genoodsaak om die leiers weer vry te laat.

Van die Kataloniese polisie het bes gegee en werk saam met die Spaanse polisie, maar word deur kiesers uitgemaak as verraaiers en swakkelinge.