Soet-sout kaaskoekies by tee

Lus vir ietsie soet-sout vir ‘n verandering? Kom bak gerus hierdie lepelsteeltjie kaaskoekies. Lewer ongeveer 60 koekies.

 

Bestanddele:

500 ml meelblom

2 ml sout

1 ml bakpoeier

625 ml gerasperde Cheddar kaas

250 gr botter by kamertemperatuur

Appelkooskonfyt

 

Metode:

Sif meel, sout en bakpoeier saam.

Voeg die gerasperde kaas by en meng.

Klits die botter tot sag en romerig en voeg by die meelmengsel en meng goed tot ‘n hanteerbare deeg.

Rol okkerneut grootte balletjies en plaas dit op ‘n gesmeerde bakplaat of plaas die gerolde balletjies in ‘n heel klein kolwynpannetjie.

Druk ‘n gaatjie in die middel van die bolletjies deeg met die agterkant van ‘n houtlepel. (moet dit nie dwarsdeur druk nie, anders bak die konfyt deur en sit aan die pan vas).

Skep ‘n klein bietjie appelkooskonfyt in die gaatjie van elke koekie.

Bak die koekies sowat 15 minute by 200 grade C.

Haal uit en laat afkoel voordat dit in ‘n lugdigte houer geplaas word.

 

Geniet saam met ‘n koppie tee.