Singapoer kry eerste vrouepresident

Kiesers in Singapoer het met woede gereageer nadat die amptelike verkiesingskommissie besluit het op die toekomstige staatshoof van die land.

Met al die ander kandidate uitgeskakel, sal  Halimah Yacob, die eerste vrou word wat as president sal regeer.

Yacob het aan die media gesê sy sal haar bes doen om die mense van Singapoer te dien.

Sy het later gesê haar passie om die mense te dien, bly onveranderd al sou daar ’n amptelike verkiesing gehou word.

Die vreemde wyse waarop sy as enigste kandidaat oorgebly het in die nominasies, het derduisende kiesers met woede gelaat.

Die president van Singapoer vervul ’n belangrike rol as seremoniële staatshoof van die besonder welvarende eiland, en sy sal Donderdag amptelik ingehuldig word.

Foto – Halimah Yacob tydens media onderhoud