Sakse is nou AFD vesting

Die sterkste party in Sakse is nou die onbetwisbare vesting van die nasionalistiese Alternatief vir Duitsland (AfD) van Frauke Petry en haar formidabele span.

Die AfD kon daarin slaag om in die grootste deel van die oostelike deelstate in Duitsland, sterk te vertoon, en het talle federale verteenwoordigers gekry uit die gebied.

Opnames toon dat die nasionaliste meer as 25% steun in die ooste van Duitsland getrek het, wat aansienlik meer is as wat algemeen beskou word as ’n reuse sprong.

In Sakse was die steun 27%, wat ’n geringe voorsprong is bo die CDU van kanselier Angela Merkel.

Peilings toon dat die jong nasionalistiese party ook sterk ondersteun word deur kiesers onder die ouderdom van 35 jaar, en deur meer mans as vroue gesteun is.

In Wes-Duitsland het die AfD almal verras met ’n gemiddelde steun van 14%, wat daarop dui dat die party se groei potensiaal veel beter is as wat deur politici voorsien is.

Die verlinkse Groen Party het gesê hulle is bekommerd omdat die “Nazi’s” terug is in die federale parlement.

Dr. Frauke Petry, voorsitter van die AfD het in die suidooste van Duitsland ’n rekord aantal stemme op haar verenig toe sy net meer as 37% van die stemme getrek het.

Foto – Frauke Petry