Rykste vrou op aarde is oorlede

Liliane Bettencourt, die wêreld se rykste vrou, is die afgelope naweek oorlede in die ouderdom van 94 jaar.

Sy was die erfgenaam van die wêreldbekende kosmetiese produkte maatskappy L’Oreal en het ’n fortuin van meer as 38 miljard dollar nagelaat.

Die saketydskrif Forbes het haar bestempel as die rykste vrou op aarde, kort voor haar familie bekendgemaak het dat sy in haar luukse woonhuis stil heengegaan het.

Liliane Bettencourt sou op 21 Oktober haar 95ste verjaardag gevier het, en het tot op die einde haar familie geïnspireer om ’n verbondenheid en trou aan L’Oreal gestand te doen, alhoewel sy toe reeds swaar gely het aan Alzheimer.

Haar dogter wat tans in beheer is, sê sy bly ondersteunend aan die voorsitter, Jean-Paul Agon en sy span wat regoor die wêreld werksaam is.

Liliane Bettencourt is op 21 Oktober 1922 gebore in Parys, Frankryk, en was die enigste dogter van Eugène Schueller, die stigter van die bedryf wat later wêreldwyd bekend sou word as L’Oreal.

Sy is in 1950 getroud met die Franse politikus André Bettencourt wat ook diens gedoen het onder die bewind van president Charles de Gaulle.

Liliane Bettencourt is op ’n gevorderde leeftyd met Alzheimer gediagnoseer en moes die afgelope vyf jaar die openbare lewe vermy.

In haar laaste dae het sy ’n ou vriend gereeld ingestop met miljoene dollar, en die vermoede bestaan dat hy die vriendskap misbruik het om meer as 200 miljoen dollar uit haar te kry tot sy eie voordeel.

Foto – Liliane Bettencourt