Russe veroorsaak onrus in Balkan

Balkanlande wat lidstate van Navo is, raak onrustig nadat die Russiese weermag met ’n enorme groot herfsoefening begin het by die land se westelike grens met Europese lande.

Met die magsvertoon wil Rusland nie net sy jaarlikse oefening van verdedigingsmagte uitvoer nie, maar waarskynlik ook die Balkan lande se senuwees toets.

Duisende Russiese weermagsoldate wag glo op president Vladimir Poetin om na sy gebruiklike boodskap, die herfsoefening te open.

Die Russe se weermagvertoning, bekend as “Zapad”, is een van Rusland se grootste oefeninge wat met oorlogskepe en vegvliegtuie, tesame met die nuut ontwikkelde tenks en ander gesofistikeerde toerusting gehou word.

Kenners meen die oefening word na aan die Balkanlande se grens met Rusland gehou om ook die aandag weg te lei van Noord-Korea waar die Amerikaners ’n soortgelyke oefening gehad het saam met Suid-Korea.

Waarnemers wys daarop dat 10 oorlogskepe, 250 moderne tenks en talle vegvliegtuie ingespan word om die Russiese slaankrag op land, see en lug te vertoon na aan die Balkan lande se grensgebiede.

“Rusland se 2017 Zapad weermagoefeninge is nie teen die Weste gemik nie en is vreedsaam as deel van die gebruiklike herfsoefening”, het die minister van verdediging, Alexander Fomin, tydens  ’n media onderhoud gesê.

Foto – President Vladimir Poetin