Russe en Sjinese moet optree teen Koreane

Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Rex Tillerson, het gesê dit is nodig dat die internasionale gemeenskap optree met effektiewe sanksies teen Noord-Korea en ’n beroep op Sjina en Rusland gedoen om die krisis aan te spreek.

Tillerson sê die twee lande is die beste geposisioneer om druk op Noord-Korea te plaas om die krisis te beëindig.

Intussen het Japan die regime van Noord-Korea gewaarsku dat hy nie ’n “helder toekoms” kan verwag nie, en ’n oproep gedoen dat die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies weer ’n dringende vergadering belê oor Pyongyang se onverantwoordelike optrede en die skending van Japan se lugruim.

Die Sjinese regering asook die regering van president Poetin het egter geswyg oor die eise wat gestel is.

Minister Tillerson se oproep tot Sjina en Rusland is waarskynlik daarop gemik om die lande te druk om die voorsiening van olie aan Noord-Korea  te staak.

Rusland en Sjina is die hoof voorsieners van ru-olie aan Noord-Korea.

Foto – Minister Rex Tillerson