Rusland woedend oor konsulaat sluiting

Rusland het in woede gereageer op die Amerikaanse opdrag dat die konsulaat in San Francisco onverwyld gesluit moet word, en eis dat die VSA die beslissing herroep.

Moskou het benadruk dat indien Washington volstaan met die besluit, hulle verantwoordelik is vir die verslegtende verhouding tussen die twee moondhede.

In ’n duidelike verklaring sê Rusland hy beskou die optrede van Amerika as ’n daad van vyandigheid en sien dit ook as ’n ernstige skending van die internasionale reg.

Die sterk bewoorde verklaring is uitgereik deur die Ministerie van Buitelandse Sake in Moskou wat die afgelope naweek vrygestel is.

“Amerika word ernstig versoek om Rusland se eiendomsreg te erken en te eerbiedig en die bevel onverwyld te herroep en die eiendom terug te besorg aan Rusland”, lui die verklaring.

Rusland moes die afgelope naweek die konsulaat in San Francisco en twee lokale in Washington en New York ontruim
Foto – President Vladimir Poetin