Rusland waarsku teen woord-oorlog

Die Russiese minister van buitelandse sake, Sergey Lavrov, het gewaarsku dat die woorde-oorlog tussen president Donald Trump en die Noord-Koreaanse diktator, Kim Jong-Un gestaak moet word.

Hy het gewaarsku dat die groeiende spanning en gedurige dreigemente tussen die twee lande moet stop en die heethoofdigheid moet plek maak vir kalmte.

Minister Lavrov het gepleit dat redelikheid moet plek maak vir dreigemente, en die emosionele benadering van ’n skool geveg gelaat moet word.

Dit volg nadat president Trump in die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering gesê het dat Noord-Korea totaal uitgewis sal word as hulle Amerika sou aanval, waarop Noord-Korea se Kim Jong-Un beledigende opmerkings oor die Amerikaanse president gemaak het.

Foto – Minister Sergey Lavrov