Rente onveranderd, spaar slim by Oranjekas

In ‘n verrassende stap het die Reserwebank besluit om nie rentekoerse te verander nie.

Voor die besluit het ekonome druk bespiegel dat rentekoerse dalk verlaag kan word.

Die Reserwebank het die repokoers op 6,75% gehou, en banke se prima rentekoers bly dus op 10,25%.

Dit blyk ook dat die spaarkoers gedaal het van 0,3% tot 0,2%, wat slegte nuus vir die ekonomie is.

Intussen het die volksbank, Oranjekas, ‘n nuwe produk aangekondig waardeur dit moontlik geword het om te spaar, selfs met klein bedraggies. “Slimspaar” is onlangs aangekondig, waarvolgens mense vir ‘n tydperk van drie of vyf jaar ‘n maandelikse bedrag kan spaar teen ‘n gunstige rentekoers. Daar kan ook te eniger tyd geleen word teen 80% van die reeds gespaarde bedrag, wat dan terugbetaal word sodat aan die einde van die termyn, daar spaargeld oor is. Daar kan van so min as R50 per maand gespaar word. (Sien ook Oranjekas se advertensie oor Slimspaar elders op die blad.)