Qatar en Rusland sluit nuwe verdrag

Twee van die wêreld se grootste energie produsente het hande gevat om sterker handelsbande te verbeter nadat Qatar onder druk gekom het toe Arabiese state in die Golf gebied sanksies teen hom ingestel het.

Die sanksies is ingestel toe Saoedi Arabië beweer het dat Qatar finansiële steun verleen aan terroriste organisasies.

Qatar en Rusland het na ’n besoek deur die Russiese minister van buitelandse sake aangekondig dat hulle na ’n ontmoeting in Doha, ’n ooreenkoms in handel aangegaan het tot beide se voordeel.

Die Russiese minister van buitelandse sake, Sergei Lavrov, het aan verslaggewers gesê Rusland heg groot waarde aan die ooreenkoms met Qatar en die samewerking tussen die twee lande is van uiterste belang.

Sheikh Mohammed bin Abdulrahman Al-Thani het later gesê sy land kan nie meer staatmaak op die samewerking met buurlande in die Golf gebied nie, en is dus op ander lande aangewese om sy voedselvoorraad aan te vul.

Verlede jaar het Qatar ‘n miljard dollar se aankope uit Rusland gedoen, en die verwagting is dat die bedrag drasties sal vergroot met die nuwe ooreenkoms.

Saoedi-Arabië, die Emirate, Egipte en Bahrein het hulle bande met Qatar verbreek nadat Saoedi hulle beskuldig het dat ondersteuning gegee word aan terroriste organisasies.

Foto – Minister Sergei Lavrov en Sheikh Mohammed bin Abdulrahman Al-Thani