Puerto Rico staar uitwissing in gesig

Puerto Rico is in die grootste natuurramp gewikkel wat ooit aangeteken is, en asof dit nie genoeg is nie, moet minstens 70 000 hul woonplekke verlaat om ’n opvolg krisis af te weer.

Die aanhoudende reën en wind van Orkaan Maria het die hele land oorstroom, en een van die opgaardamme se wal kan enige oomblik breek, wat die heersende chaos verder sal vererger.

Meer as 15 duim reën is aangeteken, wat ook in die hoogliggende berge uitgesak het, se waters het die Guajataca Dam binne enkele ure laat oorloop.

Die vrees bestaan dat die damwal enige oomblik kan meegee, en daarom word alles moontlik gedoen om mense uit die gebied te verskuif.

Die dam wat reeds ouer as 90 jaar is, se wal het tekens begin toon van verweer wat tot ernstige gevolge kan lei, en verwyte word nou geslinger na die owerheid omdat die dam se wal wat al reeds vir ’n geruime tyd krake toon, nie aandag gekry het nie.