Prototipes van VSA grensmuur word gebou

Amerikaanse kontrakteurs het begin met die oprigting van prototipes van die beoogde grensmuur wat gebou gaan word top die grens met Meksiko,

Die grensmuur wat opgerig word, moet aan sekere standaarde voldoen, en ’n aantal kontrakteurs wat gekwalifiseer het om ’n voorlegging te maak, is verplig om ’n voorbeeld van sy muur wat gebou gaan word, beskikbaar te stel.

President Donald Trump het tydens die presidentsverkiesing in 2016 beloof dat hy sal toesien dat ’n behoorlike grensmuur opgerig sal word tussen die twee lande, en dat die VSA nie daarvoor sal betaal nie.

Kort nadat hy die dekreet onderteken het vir die grensmuur, het die president van Meksiko gesê sy land sal beslis nie vir die oprigting betaal nie.

Die kontrakteurs se prototipe moet tussen 5,5 en 9 meter groot wees en elk daarvan sal gemiddeld $450 000 kos.

Die muur wat sowat 3 000 kilometer lank sal wees om die grens te beveilig teen ongewenstes wat onwettig na die VSA kom, sal dit aansienlik moeiliker vind om deur te kom, maar kenners wys daarop dat tonnels reeds gegrawe word aan die Meksikaanse kant wat insypeling moontlik sal maak.