Poetin word beskuldig van korrupsie

Te midde van toenemende steun vir die Russiese president, Vladimir Poetin, het die leier van die opposisieparty, Alexej Navalny, hom op die sosiale media beskuldig van korrupsie.

Alexej Navalny het ’n video opname geplaas op YouTube waar hy vertel van ’n duur villa wat die president besit, maar wat in die naam van ’n vriend van Poetin geregistreer is.

Navalny sê die optrede van Poetin is maar net nog ’n bewys van sy klassieke korrupsie strategie wat oor jare toegepas is.

Volgens die opponent het die president nog ander eiendomme wat in die naam van die ryk vriend geregistreer is, en het die praktyk nou reeds vir meer as 17 jaar toegepas.

Die Villa Segren is geleë op die eiland Lodochny in die Finse Golf en beslaan ’n oppervlakte van sowat 20 hektaar, waarop allerlei ander geboue is wat deel van die plesieroord afdeling is.

Na beweer word besit die president nog verskeie ander eiendomme wat in die naam van die welgestelde vriend geregistreer is.

Hy sê die president is skatryk en leef in weelde weens korrupsie, terwyl die Russiese bevolking in armoede bly.

Volgens die president se jongste belastingopgawe besit hy slegs ’n klein stukkie grond van 15 akker en twee klein wooneenhede. Hy het ook drie ou voertuie wat dateer uit die Sowjet tydperk en ’n ligte voertuig.

Foto – President Vladimir Poetin