Plaasmoordverdagtes aangekeer

Die meeste vermeende moordenaars van mev. Peterson naby Warmbad, is in hegtenis geneem.

Dit volg op inligting wat deur die veiligheidsmaatskappy, HPG, ontvang het en wat opgevolg is deur HPG, die polisie en gemeenskap polisiëringsforums (GPF).

Tydens die plaasaanval is mev. Peterson vermoor en haar man ernstig gewond.

Vier verdagtes is gearresteer in Kanana, Hammanskraal, en beslag is gelê op ‘n 9mm pistool en ammunisie asook die geroofde selfoon.

Een verdagte is nog op vrye voet.

Foto: Die pistool wat gevind is