ED Pills
Your love life without pills | Viagra devient moins cher et plus disponible | Viagra per i suoi benefici | Letztes Wort zu Viagra | Viagra utan recept i Sverige

Monthly Archives: September 2017

Suid-Korea benodig meer wapens

Te midde van stygende spanning tussen Suid-Korea en sy noordelike buurstaat het die regering van Seoel gevra dat Amerika meer wapens beskikbaar stel om die land te beveilig teen Noord-Koreaanse…

Amerika waarsku Noord-Korea

Enige bedreiging wat tot Amerika gerig word deur Noord-Korea sal begroet word met ’n massiewe militêre reaksie, en dit sluit in die moontlike bedreiging van Guam en al sy bondgenote….

Poetin waarsku teen militêre histerie

In die krisis rondom Noord-Korea het die Russiese president, Vladimir Poetin, Dinsdag ’n ernstige waarskuwing gerig teen die militêre histerie wat kan losbars en lei tot ’n vernietigende oorlog. Poetin…

Wêreld Nuusflitse – 6 September

VSA Orkaan Irma, wat ook kategorie 4 gegradeer is, versterk steeds terwyl dit onderweg is na die Karibiese gebied asook na die Amerikaanse deelstaat Florida en Puerto Rico, die Dominikaanse…

Ramaphosa? Zuma/ Die verskil?

Voorheen is al daarop gewys dat daar nie veel verskil is tussen Jacob Zuma en Cyril Ramaphosa nie. In daardie opsig het ons spesifiek verwys na hulle beleidstandpunte wat in…

Duiwe: uitslae

Verlede Saterdag, 2 September, is die Pretoriase duiwe naby Richmond in die Karoo losgelaat om oor ongeveer 760 km teen mekaar te wedywer. Lesers moet kennis neem dat as ‘n…

Ek hunker na die verlede

Ek hunker na die dae toe ons kinders sonder vrees tot laataand in die strate kon baljaar, toe ouers met ’n skerp oog die opvoeding van die jeug bestuur het…

Ekonomiese aanduiders : 4 September 2017 (oggend)

Rand / VSA dollar  R12.94 ( R12.92) Rand / euro  R15.41 ( R15.35) Rand / Britse pond R16.74 ( R16.73) Brent Ruolieprys per vat $52.34 ( $52.75) Goud per fyn-ons…

Rotte verniel Kalahari weiveld

Een van die ergste rotplae wat die Kalahari getref het, is besig om boere moedeloos te stem weens die geweldige omvang daarvan. Mnr. Deon Hoon van Kuruman sê groot kolonies…

SAID se stelsel kry skuld

Die Suid-Afrikaanse Inkomste Diens (SAID) se stelsel het die skuld gekry vir laat en agterstallige terugbetalings aan belastingbetalers. Volgens ‘n regterlike ondersoek deur regter Bernard Ngoepe volg SAID nie standaard…

Skoonmakers slaan pasiënt

Twee hospitaal skoonmakers het ‘n pasiënt in die Elizabeth Donkin hospitaal in Port Elizabeth byna dood geslaan nadat hulle ‘n gesprek afgeluister het rakende bende bedrywighede. Die 22-jarige pasiënt is…

SAUK word ondersoek

Die Spesiale Ondersoek Eenheid het Maandag met hul ondersoek begin rakende die toekenning van kontrakte deur die SAUK aan verskaffers. Daar moet vasgestel word of die verkryging van kontrakte en…

Nuusflitse

Jeugliga grootkop sterf ‘n Voormalige sekretaris-generaal van die ANC Jeugliga in Natal, Sidiso Magaqa, het beswyk aan wonde wat hy opgedoen het toe hy in Julie in ‘n lokval gelei…

Hongarye eis miljoene van EU

Die Hongaarse eerste minister, Viktor Orban, het ’n brief gerig tot die Europese Unie waarin hy versoek dat die liggaam ‘n bedrag van 400 miljoen euro beskikbaar moet stel aan…

Noord-Korea smeek vir oorlog

Die Amerikaanse ambassadeur by die Verenigde Nasies, Nikki Haley, het gesê die Noord-Koreaanse leier, Kim Jong-Un, “smeek vir oorlog”. “Die Verenigde State van Amerika is nie daarop uit om oorlog…

Poetin word beskuldig van korrupsie

Te midde van toenemende steun vir die Russiese president, Vladimir Poetin, het die leier van die opposisieparty, Alexej Navalny, hom op die sosiale media beskuldig van korrupsie. Alexej Navalny het…

Volkswagen wen hofsaak in VSA

Die hof in Amerika het beslis dat die Duitse motorvervaardiger Volkswagen nie verantwoordelik gehou kan word vir die moontlike skade wat aan die omgewing veroorsaak is weens die besoedeling van…

Skudding in Noord-Korea was kerntoets

’n Kernkrag deskundige asook ’n politieke ontleder het bevestig dat die skudding in Noord-Korea wel afkomstig was van ’n kernkrag toets, en sê die skudding was tien keer erger as…

Rusland woedend oor konsulaat sluiting

Rusland het in woede gereageer op die Amerikaanse opdrag dat die konsulaat in San Francisco onverwyld gesluit moet word, en eis dat die VSA die beslissing herroep. Moskou het benadruk…

Is God dan nie onregverdig om van ons die onmoontlike te verwag nie?

Gen 3:13  Daarop sê die HERE (YHWH) God aan die vrou: Wat het jy nou gedoen? En die vrou antwoord: Die slang het my bedrieg, en ek het geëet. Ons…

Universiteit Brugkampioenskappe 2017

Anders as in Suid-Afrika word daar gereeld groot brugkompetisies in die wêreld gespeel. Noudat vanjaar se Wêreld Brugkampioenskappe afgehandel is, word daar nie stilgesit nie. Die universiteitskampioenskappe vind vanaf 19…

Soet-sout kaaskoekies by tee

Lus vir ietsie soet-sout vir ‘n verandering? Kom bak gerus hierdie lepelsteeltjie kaaskoekies. Lewer ongeveer 60 koekies.   Bestanddele: 500 ml meelblom 2 ml sout 1 ml bakpoeier 625 ml…

Gouereën klimplant / Golden Shower / Pyrostegia venusta

Die gouereën klimplant is darem maar iets vir die oog wanneer ons verby al die tuine ry.  Hierdie klimplant maak ‘n pragtige heining  wat heeljaar deur spog met sy geel/oranje…

Motorrubriek – BMW M4 Coupé DTM Champion Edition

  Dat daar groot verwagting gekoester word van die BMW M4 is verseker. Daar word slegs 15 van die 200 wat gebou gaan word, beskikbaar gestel in SA en dit…

VVK aanlyn stemtyd verleng

Na die VVK en Boere-Afrikanervolkstraad se reeks terugvoervergaderings, is heelwat voorstelle van die kiesers ontvang. Die voorstelle is verwerk en saamgevoeg, en geregistreerde VVK-kiesers kan nou by wyse van elektroniese…

Vuwani in noodtoestand

Die Vuwani gebied in Verre Noord Transvaal is gespanne en polisie is op ‘n gereedheidsgrondslag sou die inwoners weer die strate invaar en begin brand en afbreek. Volgens die minister…

Elf beamptes van Jhb geskors

Elf beamptes van die Stad Johannesburg is geskors nadat hul meer as R2,5 miljoen verduister het. Hulle sal nou teregstaan op klagtes van bedrog, diefstal en korrupsie. Intussen is die…

Kwartaalverslag verdoemend teen ANC

Die Matlosana-plaaslike munisipaliteit se kwartaallikse verslag vir die tydperk April tot Junie 2017 is ʼn getuigskrif van ANC onvermoë, het Ronnie Horn, VF Plus-raadslid in die munisipaliteit wat in Klerksdorp…

Bell Pottinger HUB bedank

Die hoofuitvoerende beampte van die Britse skakelmaatskappy Bell Pottinger, James Henderson, het glo bedank na die Britse openbare verhoudings en kommunikasie vereniging verdoemende getuies teen Bell Pottinger bekend gemaak het….

Lynne Brown al hoe dieper in die web

‘n Laaste minuut oproep van minister Lynn Browne het daarvoor gesorg dat die Eskom raad nie die waarnemende hoofuitvoerende beampte van Eskom, Matshela Koko, skors nie. Dit het na bewering…

ANC geraamtes kom uit

Met die komende presidentsverkiesing van die ANC in Desember, word elke kandidaat se wel en weë oopgevlek. Die jongste is Cyril Ramaphosa wat skynbaar buite-egtelike verhoudings gehad het. In sy…

ANC ontwrig Ventersdorp raadsvergadering

Die werksaamhede van die Tlokwe/Ventersdorp-munisipale raad word deur die ANC se goedkoop politiekery lamgelê en die gemeenskap van Potchefstroom en Ventersdorp ly daaronder, het Fanie du Toit, koukusleier van die…

Trump skenk miljoen dollar aan Texas

Die Amerikaans president, Donald Trump, het tydens sy besoek aan Texas waar duisende mense groot verliese gely het met die orkaan Harvey, aangekondig dat Amerika bystand sal verleen aan inwoners,…

VSA beveel Russiese konsulaat om te sluit

Die Amerikaanse regeringsdepartement van Buitelandse Sake het Rusland amptelik versoek om sy twee geboue in Washington en New York te ontruim. Benewens die twee geboue is die Russe ook aangesê…

Spanje en Brittanje tree op teen Noord-Korea

Spanje en die Verenigde Koninkryk het albei besluit om op te tree teen Noord-Korea nadat die land op onverantwoordelike wyse ’n ballistiese missiel lanseer het wat die ganse wêreld  bekommerd…

Koalisiemag verslaan IS terroriste

Die Koalisiemag onder leiding van die Verenigde State het die Islamitiese Staat (IS) terroriste in die strategiese stad Tel Afar na dae van hewige gevegte, finaal verslaan en uit die…

Trump vra miljarde vir Texas hulp

Die Amerikaanse Wit Huis het 7,8 miljard dollar gevra by die Amerikaanse Kongres vir dringende noodhulp aan die slagoffers in die orkaan geteisterde Texas. Die tropiese storm Harvey, wat dae…

Kernkrag toets of aardbewing?

Die regering van Suid-Korea het ’n dringende vergadering van die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad aangevra nadat vasgestel is dat ’n hewige skudding in Noord-Korea waargeneem is. Die skudding kom kort…

Terroristeleier steeds in lewe

Die jongste eis dat die terroriste leier, Abu Bakr al-Baghdadi, van die Islamitiese Staat beweging gedood is, word nou verkeerd bewys nadat vasgestel is dat hy nog springlewendig is. Etlike…

Wêreld Nuusflitse – 4 September

VSA President Trump en sy eggenote, Melanie, het ook ’n spesiale besoek gebring aan die rampgeteisterde Houston te midde van die linkse media se valse berigte dat hy nie die…

Ekonomiese aanduiders : 1 September 2017 (oggend)

Rand / VSA dollar  R13.01 ( R13.00) Rand / euro  R15.48 ( R15.44) Rand / Britse pond R16.81 ( R16.81) Brent Ruolieprys per vat $52.86 ( $50.73) Goud per fyn-ons…

Boeremark 25 jaar oud, plant 600 bome

Die Pretoria Boeremark, wat weekliks deur TLU SA in Silverton aangebied word, is vanjaar 25 jaar oud. Onlangs moes die Boeremark na 12 jaar by die Pioniersmuseum na ‘n nuwe…

Huiskopers nie aanspreeklik vir voorgangers se skuld

Die VF Plus steun die uitspraak van die Grondwethof dat nuwe huiseienaars nie aanspreeklik gehou kan word vir historiese munisipale skuld nie en beskou dit as ʼn voorbeeld waar rede…

Brandstofprys verhoging

Die AA voorspel dat brandstofpryse skerp gaan styg op 6 September 2017. Petrol gaan waarskynlik met 61 sent per liter styg, terwyl diesel met 46 sent gaan verhoog. Die styging…

RTIA minag hof, moes hoes

Die Padverkeersoortredingsagentskap (RTIA) het hierdie week inderhaas ʼn bedrag van sowat R1.7 miljoen betaal om te verhinder dat ʼn hofbevel om op sy bates beslag te lê, uitgevoer word, sê…

Cosatu wil staak

Die vakverbond Cosatu het aangekondig dat daar ‘n landswye staking gaan wees in September. Die staking is in protes teen die staatskaping.  Cosatu het die ANC gekritiseer oor korrupsie bewerings…

Welkom brandweer sonder water

ʼn Gebou het in die Mathjabeng- (Welkom, Virginia, Odendaalsrus, Hennenman, Allanridge en Ventersburg) munisipale area afgebrand sonder dat die munisipaliteit se brandweer daartoe in staat was om die brand te…

Kampusse raak nou oorlogsones

Skote is gevuur by die Kaapse Skiereiland kampus van Tegnologie tydens ‘n gewelddadige betoging. Skade aan voertuie en kampusgeboue is aangemeld. Die studente is uitmekaar nadat die polisie van ‘n…

Zuma “weet niks”

‘n President wat kwansuis niks weet, hoort nie die hoof van ‘n land te wees nie. Hy het geen geloofwaardigheid meer oor nie, dus moet hy nou alles ontken of…

McBride se dogter vra beskermingsbevel

Die omstrede en veroordeelde bomplanter, Robert McBride, het ‘n beskermingsbevel teen hom gekry. Sy 15-jarige dogter, wat beweer dat McBride haar aangerand het, het ‘n beskermingsbevel by die Brooklyn polisiestasie…