Orkaan Irma oortref alle rekords

Orkaan Irma het alle vorige rekords oortref en het na ’n tydsduur van langer as 35 uur, en ’n windspoed van tot 300 kilometer per uur, verwoesting gesaai oor ’n wye gebied.

Sedert satelliet meting in 1971 begin is om die duur van orkane vas te stel, het Irma alle vorige orkane oortref deur langer as 33 uur voort te woed.

Die orkaan wat eers die Karibiese eilande, en daarna die Bahamas en Kuba geteister het, het daarna sy verwoestingswerk voortgesit in die Amerikaanse deelstaat Florida.

Die Amerikaanse Orkaan Sentrum het betyds waarskuwings uitgestuur aan die mense van Florida, wat tot gevolg gehad het dat duisende mense die gebied per motor verlaat het.

Die orkaan wat onderweg is na Florida, het die Trump-familie genoop om die luukse vakansie villa in die deelstaat te ontruim om skade te probeer beperk.

Miljoene mense het hulle wonings verlaat en elders buite die gevaar verblyf gesoek terwyl bewerings gemaak word dat die orkaan Irma besig is om sterker te word en selfs meer skade kan berokken as wat voorspel is.

President Trump het ’n ernstige beroep gedoen op die mense van Florida om die gebied te verlaat.