Ontbytbeskuit

Kom ons bak iets spesiaals om vir ontbyt saam met koffie of tee te geniet. Hier volg die heerlikste semelklapper beskuit en dit week sommer vinnig. Die resep lewer ongeveer 60 beskuite.

 

Bestanddele:

1 kg bruismeel

250 ml semels

250 ml klapper

250 ml sonneblomsaad

250 ml suiker

5 ml sout

250 gr botter

500 ml karringmelk

187 ml olie

 

Metode:

Stel oond op 180 grade C.

Bespuit ‘n oondpan en hou eenkant.

Meng bruismeel, semels, klapper, sonneblomsaad, suiker en sout in ‘n groot mengbak.

Smelt botter en laat effens afkoel.

Roer karringmelk en olie by.

Roer bottermengsel by meelmengsel tot goed gemeng.

Skep deeg in oondpan en bak vir 45 minute tot ‘n uur, tot mooi bruin aan die bokant.

Sny in blokkies en skep uit op ‘n draadrak om af te koel.

Droog beskuit  teen 70 grade C vir ongeveer 4 – 5 ure.

 

Dames, ageniet die beskuit. Dit bevat sommer baie vesel vir gesondheid.