Ongerymdhede in VSA verkiesing gevind

Amptelike woordvoerders in die VSA het bevestig dat daar in sekere deelstate van Amerika ingemeng is deur die Russiese regering om die verkiesingsuitslag van 2016 te beïnvloed.

Volgens die jongste gegewens is vasgestel dat die inmenging gepaard gegaan het met kaping van stemtoerusting in verskeie deelstate.

Die Amerikaanse Departement van Tuisland Beveiliging sê in 21 deelstate het Russiese kapers gepoog om in te breek op verkiesingstelsels voor die aanbreek van die November 2016 presidentsverkiesing.

Daar is egter bevind dat die Russiese kapers nie daarin kon slaag om in te breek op die meerderheid van die deelstate se stelsels nie.

Al die gegewens wat gevind is, het op die tafel van die hoof ondersoeker, Robert Mueller, beland wat glo ’n finale verslag sal in handig by die regering.

Foto – Robert Mueller