Olimpiese Kanaal – Brug

Brug is ‘n erkende Olimpiese dinksport wat in alle lande so aanvaar word.

Die Olimpiese Kanaal is ‘n multi-platform vir sportsoorte waar belangstellendes deur die hele jaar interessanthede kan ontdek, betrokke kan raak en in die opwinding kan deel. Die Olimpiese Kanaal bied blootstelling aan sportsoorte, 24 uur per dag, 365 dae per jaar, met oorspronklike programmering, nuus, regstreekse sportgeleenthede en hoogtepunte. Die Olimpiese Kanaal is in Augustus 2016 geloods ter ondersteuning van die IOK se doelwit. Stigtingsvennote wat die Olimpiese Kanaal ondersteun, is Worldwide TOP Partners, Bridgestone, Toyota en Alibaba. Die Olimpiese Kanaal is wêreldwyd beskikbaar via mobiele programme vir Android en ander toestelle by Olympicschannel.com.

In 2017 word op die Olimpiese Kanaal tans byna 500 kompetisies aangebied by meer as 210 geleenthede in samewerking met sy vennote. Benewens die lewering van gebeurtenisstroming, werk die Olimpiese Kanaal met sy federasievennote om gebeurtenisdekking, hoogtepunte, tydskrifskoue, nuusdekking en oorspronklike programmering aan te bied. Omdat brug wêreldwyd so ‘n geweldige aanhang het, is dit so pas hierby ingesluit.