Obamacare versus Trumpcare

Die stryd om Obamacare te vervang met ’n ander stelsel soos wat president Donald Trump van Amerika tydens die presidentsverkiesing in sy veldtog belowe het, is nog steeds nie gefinaliseer nie.

Die Republikein, John McCain, wat vroeër presidentskandidaat was wat teen Obama verloor het, wil nou verseker dat Trumpcare nie in plek van die huidige bestel kom nie.

Die vervangende gesondheidsplan wat reeds die naam Trumpcare gekry het, kan moontlik in die slag bly nadat John McCain gesê het hy sal sorg dat die Obamacare nie vervang word nie.

Die invloedryke senator Paul Ryan het intussen gesê hy het opnuut na die nuwe gesondheidsplan gekyk en verwerp dit in sy huidige vorm.

Dit kan beteken dat die Trumpcare gesondheidsplan nie in wetgewing opgeneem word nie, wat ’n direkte nederlaag vir president Trump sal beteken.

Kenners meen die huige oefening en latere stemming is die laaste poging wat toegelaat sal word om ’n keuse te maak, en word beskou as ’n stryd tussen Trump en sy mede Republikein, John McCain.

Foto – John McCain