OB ontken BLF betrokkenheid

Die reeds beleërde Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, poog nou om enige verbintenisse met BlackLandFirst (BLF) te ontken in haar ondersoek na die Absa-Bankorp reddingsboei.

Sy het sover gegaan om sekere dokumente te weerhou en het in ’n beëdigde verklaring ontken dat BLF ‘n klag by haar ingedien het.

Maria Ramos van Barclays Africa het dokumente by die Pretoriase hooggeregshof ingedien waarin onder andere dié bewerings na vore kom.

Verdere meer inkriminerende e-posse toon dat Mkhwebane op dieselfde dag waarop sy die versoek van BLF ontvang het, die versoek deurgestuur het aan twee senior personeellede.

Haar pos en haar bevoegdheid raak al hoe meer in gedrang en tyd sal leer of Zuma sy “beskermeling” sal ondersteun.

Foto:Busisiwe Mkhwebane