Nuusflitse

Kaap Skiereiland Universiteit loop deur

Die Kaapse kampus van die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie het deurgeloop onder ‘n aantal petrolbom aanvalle.  Sekuriteit en die brandweer het die brande onder beheer gebring.

 

Vyf ontsnap uit Warmbad polisieselle

Vyf verdagtes het ontsnap uit die polisieselle in Warmbad. Een van hulle is intussen weer gearresteer maar die ander vier is steeds op vrye voet. Dit is nie seker hoe hulle ontsnap het nie.

 

Gauteng Departement van Gesondheid sonder fone

Nadat meubels verlede maand by die hoofkantoor van Gautengse departement van Gesondheid gekonfiskeer is weens die nie-betaling van ‘n mediese eis, is hul fone se verbindings nou ook afgesny weens uitstaande rekenings aan Telkom.