Nuusflitse

Jeugliga grootkop sterf

‘n Voormalige sekretaris-generaal van die ANC Jeugliga in Natal, Sidiso Magaqa, het beswyk aan wonde wat hy opgedoen het toe hy in Julie in ‘n lokval gelei en geskiet is nadat hy van ‘n ANC-vergadering gekom het.

Nog ‘n roof in Kaap

‘n Kluis by ‘n vulstasie in Table View is oop geblaas deur rampokkers en ‘n onbekende bedrag is gesteel.  Die oortreders is nog steeds op soek en niemand is beseer in die voorval nie.

Amptenare gearresteer

Vier amptenare van binnelandse sake en drie onwettige immigrante is in Natal deur die Valke in hegtenis geneem vir bedrog en korrupsie. Hulle het skynbaar vervalste geboortesertifikate aan buitelandse burgers uitgereik.

Johannesburg loop droog

Sowat dertig woonbuurte in die noorde en weste van Johannesburg sal sowat 33 uur sonder water wees omdat ‘n nuwe hoofpyplyn gelê moet word.

Brand in die Kaap

Twee huise en ‘n aantal houtstrukture het afgebrand in Fairdale op die Kaapse Vlakte. Die oorsaak van die brand is onbekend.

Oos-Londen se naam verander

Die naam van Oos-Londen self, sowel as die name van strate en woonbuurte gaan waarskynlik verander word. ‘n Komitee is aangestel om aanbevelings daaroor te doen, maar waarnemers glo dit is net ‘n formaliteit.