Noord-Korea smeek vir oorlog

Die Amerikaanse ambassadeur by die Verenigde Nasies, Nikki Haley, het gesê die Noord-Koreaanse leier, Kim Jong-Un, “smeek vir oorlog”.

“Die Verenigde State van Amerika is nie daarop uit om oorlog te maak nie, maar ons geduld is ook nie oneindig nie”, het sy gesê tydens die noodvergadering van die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies.

Sy het beklemtoon dat al die sanksies teen Noord-Korea sedert 2006 en 24 jaar van maatreëls en onsuksesvolle gesprekke is nou genoeg.

Ondanks al die inspanning was alles vrugteloos en het hulle kernkragprogram net al groter en gevaarliker geword, het sy gesê.

“Oorlog is nooit iets wat de Verenigde State wil nie, en ons wil dit ook nie nou hê nie, maar ons land se geduld is ook nie onbeperk nie”, het sy verklaar.

Foto –  Ambassadeur Nikki Haley