Noord-Korea ontwikkel kragtige atoombom

Die atoombom wat deur Noord-Korea ontwikkel is, was volgens meningsvormers waarskynlik aansienlik kragtiger as wat aanvanklik vermoed is.

Die ontploffing wat volgens Pyongyang ’n waterstofbom is, het meer as vyftien keer die krag van die bom van 1945 wat Hiroshima in Japan vernietig het.

Die mening is deur deskundiges van ’n ondersoekspan uitgespreek sowat ’n week nadat Noord-Korea toetse uitgevoer het.

Volgens die deskundiges is dit die kragtigste bomontploffing wat nog deur enige land ontwikkel en getoets is.

Verskeie deskundiges het hulle mening gegee oor die krag van die ontploffing, en Japan het die krag op 160 kiloton TNT gestel, en Amerika reken dit kan soveel as 140 kiloton TNT wees.

Maar volgens studiewerk wat deur die span deskundige ondersoekers gedoen is, het die bom ’n krag van 250 kiloton TNT gehad.

Dit is redelik in lyn met die skatting van die Amerikaanse Lugmag wat dit op 280 kiloton TNT gestel het.

Little Boy, die atoombom wat op Hiroshima gegooi is, het die dood van 78 duisend mense veroorsaak terwyl dit 15 kiloton TNT was.

Die studie het getoon dat Noord-Korea tog wel die waterstofbom ontwikkel en getoets het wat vêrreikende implikasies het in die wêreldpolitiek.