Nieu-Seeland verkiesing lewer verrassings

Die algemene verkiesing in Nieu-Seeland het soos gewoonlik, stil en rustig verloop, maar het ook hierdie naweek sy verrassings gelewer.

Die Nasionale Party van premier Bill English regeer reeds vir enkele dekades, maar die liberale Arbeidersparty se steun het die afgelope tyd skerp toegeneem.

Alhoewel die Nasionale Party weer die meerderheid stemme op hulle verenig het, is dit aansienlik kleiner en is ’n volstrekte meerderheid nie verkry nie.

Politieke ontleders sê die eerste minister, Bill English, sal noodgedwonge ’n samewerkingsooreenkoms moet bereik met die nasionalistiese anti-immigrante party, iets waaraan Nieu-Seelanders nie gewoond is nie.

Dit blyk egter dat die nasionalistiese party die hef in die hand het, en ’n sterk bedingingsmag kan uitoefen en selfs die Arbeidersparty kan dwing om beleidsveranderings aan te gaan as hulle ’n nuwe regering wil vorm.

Foto – Bill English