Nasionaliste verras in Duitsland

Die nasionaliste het alle verwagtinge oortref in die federale verkiesing van Duitsland, en het uiteindelik as die derde grootste politieke party sy plek ingeneem.

Die koalisie van kanselier Merkel sal 219 parlementslede in die federale regering kry, met die Sosialiste in die tweede plek met 138 lede.

Die Alternatief vir Duitsland  (AfD) kon met sy eerste deelname aan ’n federale verkiesing, daarin slaag om 13,5% van die stemme te trek wat hulle 95 verteenwoordigers in die parlement laat kry.

Die linkse Sosialiste het ’n nuwe laagtepunt bereik, en die regerende koalisie se grootste kommer is waarskynlik dat die AfD by ’n volgende verkiesing, wanneer ’n nuwe leier kanselier Merkel moet vervang, kan styg tot die amptelike opposisie.

Dit is die eerste keer sedert afloop van die Tweede Wêreldoorlog dat Duitsland se Bundestag (Federale parlement) ’n nasionalistiese party se verteenwoordigers moet huisves.

Foto – Dr. Petry, AfD voorsitter