Myeni wil pensioenfonds “roof”

Vrees bestaan dat Dudu Myeni van SAL betrokke is by die beplande “roof” van pensioengeld om SAL aan die lewe te hou.

Sy het klaarblyklik PIC vir R6 miljard gevra om die bankrot lugdiens uit te help.

Intussen het PIC se hoofuitvoerende beampte, Dan Matjila, onder spervuur gekom oor sy hantering van PIC se sake en is daar ‘n interne oudit op hande rondom sy pos.

Meer as 9,3 miljoen pensioenarisse se toekoms is in die hande van politici wat eerder kyk na begunstigdes en staatsentiteite se welsyn as die mense wat vir hul gestem het.

Foto: Dudu Myeni