Myeni bly vlieg

Die minister van finansies, Malusu Gigaba, het eensydig die termyn van Dudu Myeni verleng tot en met die lugdiens se algemene jaarvergadering in November.

Volgens ‘n parlementêre regskenner is hy nie by magte om die besluit te neem sonder die kabinet se goedkeuring nie.

Dit blyk asof Zuma se beskermling SAL ten gronde sal laat gaan sonder dat sy enige blaam sal aanvaar vir die finansiële gemors waarin die lugdiens is.

Myeni blameer nog steeds SAL se probleme aan besluite wat gedurende die apartheidsera geneem is. Hoe besluite van 23 jaar gelede nog die lugdiens beïnvloed, sal mama Dudu alleen weet, sê waarnemers.

Cyril Ramaphosa het in parlement gesê dat SAL se R6,8 miljard skuld deur ‘n bewilligingswet aan parlement voorgelê word om die entiteit weer eens te help.

Intussen het die parlementêre komitee vir Gigaba ‘n week tyd gegee om te verduidelik waarom hy Myeni se kontrak verleng het.

Foto: Dudu Myeni