Motor rubriek – Fiat Panda 875t Lounge

 

Die Fiat Panda is ‘n gewilde voertuig en dit is ‘n bekende feit dat renjaer, Michael Schumacher op ‘n stadium een gebruik het as sy privaat voertuig.

Die nuutste model, al lyk dit soos die een wat gedurende 2013 beskikbaar was, het dit verskeie veranderings ondergaan. Die voorste sitplekke se leuning vou nie meer plat nie en die voorheen elektriesbeheerde buite spieëls word nou met die hand verstel.

Van die nuwe toerusting wat nie met die eerste oogopslag merkbaar is nie, sluit in ‘n banddruk monitor, parkeer sensors aan die agterkant van die motor, ‘n outomatiese sluitstelsel vir die deure wanneer die voertuig in beweging is, outomatiese aan en afskakel toerusting, ‘n ander kragbron en VDC. VDC is veiligheidstoerusting wat daarvoor sorg dat wanneer die pad byvoorbeeld nat of glad is, dat wanneer nodig, word die rem baie ligweg geaktiveer op die wiel waar daar moontlik ‘n probleem mag ontstaan tot die probleem opgelos is en dan keer dit terug na normaal toe.

Wat die kragbron aanbetref! Die vier silinder, 1200 kub. sentimeter eenheid van die Fire wat voorheen gebruik is, is mee weggedoen en daar word nou gebruik gemaak van ‘n turbo aangejaagde, twee silinder, 875 kub. sentimeter, enkel, ketting aangedrewe oorhoofse nokas, agt klep enjin. Voorheen was die wringkrag van die 1200 eenheid 102 Nm terwyl die nuwe kragbron 145 Nm voorsien. Waar ander motors gebruik maak van meganies veranderbare klep-tyd speling, gebruik die Fiat die Twin Air hidroliese stelsel wat deur Fiat ontwikkel is. Die wringkrag is beskikbaar vanaf 1900 o.p.m. en 63 kW is beskikbaar by 5500 o.p.m. Volgens die vervaardiger versnel dit van 0 tot 100km/u in 11.2 sekondes, maksimum snelheid is 177 km/u en die brandstof verbruik is 6,2l/100 km.

Omdat die Panda beskou word as ‘n “jongmens” voertuig, het Fiat so bykomende “grom” in die enjin klank ingebou en van die ander nuwe aksies wat bygebring is sluit in meer elektriese hulp vir die stuurwiel wanneer daar in nou parkeer plek geparkeer moet word en ‘n Eco funksie om te help dat die brandstof pedaal “sagter” trap en dus help om brandstof te bespaar want dit is nie nodig dat daar “hard” op die pedaal getrap word nie.

Om die veiligheid van die insittendes te verbeter is daar vier lugsakke gemonteer, ABS remme met EBA en EBD ondersteuning, elektries beheerde voor vensters, materiaal oortreksel vir die sitplekke, kolligte in die onderste gedeelte van die sierrooster en een aan die agterkant. Dieselfde veerstelsel word gebruik as die vorige model en in die plek van allooi wielnawe wat voorheen gebruik was, word daar nou gebruik gemaak van staal wielvellings met wieldoppe. Indien jy egter allooi wielnawe wil pas, gaan die Fiat allooi wiele jou ‘n bykomende R3 000 uit die sak jaag.

Dit is die ideale motor vir jongmense of as ‘n tweede motor en indien u ‘n tweede motor wil aanskaf, kan u gerus u naaste Fiat handelaar gaan besoek en u gaan vergewis van hierdie motor se kwaliteite.