Miljoene se IT- gegewens is ontbloot

Prentresultaat vir rekenaar

Al verskyn jou naam nie onder die miljoene waarvan die wagwoorde en e-pos adresse blootgelê is op die Internet nie, word aanbeveel dat mense hulle gegewens verander om enige moontlike probleme te vermy.

Die bekendmaking van die gegewens word beskou as die grootste wat ooit deur krakers ontbloot is op die Internet, en kan lei tot ernstige aanslae vanuit die oord van kuberkrakers.

Die feit dat miljoene wagwoorde ook deel van die bekendmaking is, word in ’n ernstige lig beskou, maar om die krakers geïdentifiseer te kry, is nie so eenvoudig nie.

Duisende van die 711 miljoen e-pos adresse en wagwoorde (password) is van Internet gebruikers in Suid-Afrika, en kenners beveel aan dat die wagwoorde verander word voor krakers op geld en goedere toeslaan.

Dit is veel makliker om ’n wagwoord te verander as om 711 miljoen deur te kyk of jou gegewens ook ontbloot is.

Die gegewens kan op die webblad Have I Been Pwned? nagegaan word, maar dit word nie aanbeveel nie aangesien die webblad nie beveiliging waarborg nie.