Miljoene in Duitsland mag nie stem

Byna agt miljoen inwoners van Duitsland, waarvan baie reeds vir dekades in die land woonagtig is, kan nie stem in die komende algemene verkiesing nie.

Die mense kan nie stem nie weens die streng regulasies en bepalings van die Duitse kieswet wat miljoene mense nie toelaat om te stem in die federale verkiesing nie.

Volgens die jongste opname is sowat 7,8 miljoen volwasse inwoners wat van ander lande afkomstig is, nie geregtig om te stem op 24 September nie.

Die besonderhede wat vrygestel is deur Duitsland se Federale Statistiekdiens is egter niks nuut nie, want Duitse kiesers is baie gesteld daarop dat vreemdelinge nie stemreg het nie.

Van die vreemdelinge woon reeds langer as 15 jaar in Duitsland, betaal hulle belastings gereeld en behoort aan die gesondheid- en pensioenskemas, maar stemreg is hulle nie beskore nie.

Sulke inwoners kan ook nie as kandidate staan in verkiesings nie, wat deel uitmaak van die land se apartheidsbeleid om ’n oorname deur uitlanders te voorkom.