Merkel steun Venezuela opposisieparty

Die Bondskanselier van Duitsland, Angela Merkel, skaar haar by die opposisiepartye in Venezuela wat hulle beywer vir afsetting van die land se president.

Kanselier Merkel het die afgelope week indringende gesprekke gevoer met politieke leiers van die opposisie oor die krisis in Venezuela.

Die land se mense gaan gebuk onder die gewig van ’n ekonomiese krisis wat aanvanklik deur die olieprys verlaging veroorsaak is en toe vererger het met die onbevoegdheid van die regering om die land se geldsake op koers te kry.

Opposisieleier Julio Borges en sy geselskap is op ’n toer deur Europa om die benarde posisie in Venezuela onder die aandag van politici te bring.

Kanselier Merkel het voldoende tyd afgestaan aan die afvaardiging die Duitse woordvoerder, Steffen Seibert, het daarop gewys dat die kwessie van menseregte wyd bespreek is sowel as die verswakkende toestande.

Kanselier Merkel het haar volle steun gegee aan die Nasionale Vergadering en die mense van Venezuela en haar diepe bekommernis uitgespreek oor die menseregte  krisis in die land.

Foto – Kanselier Merkel en die afgevaardigdes