Mercedes stel e-motor bekend

Opponente in die motor vervaardigingsbedryf sal moet rekening hou met die jongste Mercedes Benz elektriese motor wat pas bekendgestel is.

Die Duitse vervaardiger van luukse motors het ’n elektriese motor ontwerp en bekend gestel wat “intelligent, mobiel, uitstekend ontwerp, en aangename bestuursgerief bied aan sy eienaar”.

Die model, bekend as die Mercedes Benz EQ, is ontwerp om, soos alle modelle van Mercedes, op die voorpunt te staan met sy uitstekende gehalte wat spreek van duursaamheid, met ’n batterystelsel wat van uiterste betroubaarheid spreek.

Die motor sal in Parys, Frankryk, sy amptelike debuut maak tydens die motorskou, maar sal waarskynlik eers in 2020 beskikbaar wees in die handel.

Mercedes Benz is van mening dat elektriese motors die antwoord is vir die toekoms, en sal al meer geld beskikbaar stel in navorsing om van die nuwe tegnologie ’n ewe gesogte model te maak as wat Mercedes Benz met sy binnebrandmasjiene bereik het.