McBride se dogter vra beskermingsbevel

Die omstrede en veroordeelde bomplanter, Robert McBride, het ‘n beskermingsbevel teen hom gekry.

Sy 15-jarige dogter, wat beweer dat McBride haar aangerand het, het ‘n beskermingsbevel by die Brooklyn polisiestasie teen hom verkry omdat sy bang is dat hy haar leed kan aandoen terwyl hy op borgtog uit is hangend die saak teen hom.

Hy is tans op R10 000 borgtog uit en hy mag nie inmeng met enige van die getuies nie.