Manana skuldig bevind

Die voormalige adjunkminister in Jacob Zuma se kabinet, is skuldig bevind aan drie klagtes van aanranding.

Hy het skuldig gepleit in die hof in Randburg en erken dat hy drie vroue in ‘n klub aangerand het.

Hy het self na openbare druk as adjunkminister van hoër onderwys bedank nadat Zuma nie teen hom opgetree het nie.

Studente van Fort Hare het dit meer noodsaaklik geag om Manana by die hof te gaan ondersteun as om klasse by te woon of voor te berei vir eksamens.

Twee van die mans wat saam met Manana in die klub was ten tye van die aanranding, was ook by die hof, en is daar in hegtenis geneem.

Manana se in November gevonnis word.