KPMG in banke se visier

Die top banke van die land is klaarblyklik van plan om hul bande met KPMG te verbreek weens die firma se handelinge met die Gupta se boeke.

KPMG het intussen beloof om R40 miljoen aan SAID terug te betaal wat hulle verdien het uit Gupta transaksies, en ‘n verdere R23 miljoen wat hulle van SAID ontvang het vir die daarstelling van ‘n inkorrekte verslag.

Investec bank is die eerste bank wat die week gaan besluit wat hul verhouding in die toekoms met KPMG gaan wees.

Intussen word daar reeds bespiegel dat KPMG dieselfde pad kan stap as Bell Pottinger, wat onder administrasie geplaas is na sy geheul met die Guptas.