Konserwatiewes wen Noorweë verkiesing

Die konserwatiewe regering van Noorweë het die afgelope naweek se algemene verkiesing oortuigend gewen, en die liberale Arbeidersparty het erken dat hulle die stryd weereens verloor het.

Eerste minister Erna Solberg het Dinsdag aangekondig dat sy die verkiesing gewen het en die sosialiste het erken dat hulle nie daarin kon slaag om voldoende stemme te kry om die land se regering te vorm nie.

Die konserwatiewe partye wat ’n koalisie vorm, regeer sedert 2013 en Erna Solberg het toe reeds ’n ooreenkoms aangegaan met die nasionalistiese Vooruitgang Party.

“Ons het die steun van kiesers gekry omdat ons die afgelope vier jaar ons beloftes aan die kiesers nagekom het”, het die 56-jarige Erna Solberg gesê.

Politieke ontleders meen die konserwatiewe regering van premier Erna Solberg sal onveranderd voortgaan in die volgende termyn van vier jaar.

Foto – Noorweë Parlement