Kevin Anderson maak geskiedenis

Die Suid-Afrikaanse tennisspeler, Kevin Anderson, het geskiedenis gemaak deur die halfeindstryd in die Amerikaanse Ope te haal.

Hy het in ‘n  stryd van drie en ‘n half uur die Amerikaner Sam Querrey gewen met 7-6, 6-7, 6-3 en 7-6.

Anderson is die eerste Suid Afrikaner wat die halfeindstryd in die Amerikaanse ope bereik.

Hy speel Vrydag in die semifinaal teen Carreno Busta van Spanje.