Kataloniërs nou meer vasberade

Die leiers in Katalonië wat ten gunste van afskeiding van Spanje is, sê die uitslag van die 1 Oktober referendum sal gehoorsaam word.

Die uitslag sal gerespekteer word, en indien die “ja-stem” ten gunste van afskeiding is, sal Katalonië sy onafhanklikheid verklaar.

Katalonië se streekpresident, Carles Puigdemont, het aan die media gesê al sou net ’n klein klompie stemme uitgebring word, sal die uitslag daarvan erken en gehoorsaam word.

Die minderheidsregering van Spanje, asook die opposisiepartye het hulle kommer uitgespreek oor die vasberade benadering in Barcelona.

Die referendum wat op 1 Oktober gehou word in die noordelike streek van Spanje word deur die regering in Spanje verwerp met argumente dat dit ongrondwetlik is en derhalwe nie aanvaar sal word nie, en voeg by dat dit ook ’n onwettige verkiesing is.

Foto – Die streekpresident van Katalonië, Carles Puigdemont