Kampusse raak nou oorlogsones

Skote is gevuur by die Kaapse Skiereiland kampus van Tegnologie tydens ‘n gewelddadige betoging.

Skade aan voertuie en kampusgeboue is aangemeld.

Die studente is uitmekaar nadat die polisie van ‘n waterkanon gebruik gemaak het.

Namate die laaste kwartaal van die jaar nader, word verwag dat studentegeweld weer gaan begin toeneem, soos die geval was in vorige jare. Allerhande verskonings word aangevoer vir die betogings, sodat eksamens uitgestel moet word en daar druk is om studente sonder behoorlike eksamens te laat slaag.