Kaaskoek nagereg

Wat is daar vir die naweek saam met tee of koffie? Die lente is op pad en miskien sal die volgende kaaskoek heerlik wees. Ons het dit in glasies gemaak vir nagereg. Die resep is genoeg vir 4 glasies.

 

Grondboontjiebotter en piesang kaaskoek

 

Bestanddele:

50 gr Tennisbeskuitjies

25 gr botter, gesmelt

60 ml grondboontjiebotter

150 gr roomkaas

80 gr strooisuiker

75 gr kondensmelk

150  gr fyngedrukte piesangs

100 ml vars room, styfgeklits

 

Metode:

Meng fyngedrukte koekies en botter en druk dit in die 4 glasies.

Smelt die grondboontjiebotter tot loperig en giet eweredig oor die koekies.

Plaas roomkaas, strooisuiker, kondensmelk en fyngedrukte piesangs in ‘n mengbak en meng deeglik met ‘n klitser.

Vou nou die room by en meng goed.

Skep in die glasies en plaas in yskas om te stol.

 

Nogal heerlik vir Sondag nagereg.