Irma veroorsaak miljarde euro skade

Die orkaan Irma het miljarde euro se skade aangerig in die grootste deel van die Karibiese Eilande, en word beskou as die ergste storm wat die gebied in die afgelope vyf dekades getref het.

Reddingswerkers en deskundiges wat met opnames begin het om die inwoners van die verskillende eilande behulpsaam te wees, sê die Franse deel van Sint Maarten eiland asook Puerto Rico, Anguilla, en Barbuda het byna geen woonhuis wat nie beskadig is nie.

Maar ook die Nederlandse deel van Sint Maarten is verwoes en word gevrees dat die dodetal verder kan styg, maar sal eers later bekend word aangesien die kommunikasie netwerk totaal buite werking is en feitlik geen deel van die infrastruktuur staande gebly het nie.

Die Franse premier Édouard Philippe op Saint Marten sê die dodetal is reeds meer as 50 en die vermoede bestaan dat dit nog verder sal styg na mate die inligting ontvang word.

Hy sê meer as 60% van die woonhuise is onbewoonbaar en sal ook nie herstel kan word nie, 95% van alle wooneenhede is beskadig en die elektriese krag toevoer is afgesny wat ook meebring dat drinkwater ook nie beskikbaar is nie.