Irak waarsku Koerdiese kiesers

Slegs ’n dag nadat ’n oorweldigende meerderheid van die Koerdiese kiesers ten gunste van onafhanklikheid gestem het in die referendum, het die regering van Irak gewaarsku dat enige poging om onafhanklikheid te verklaar, met militêre optrede beantwoord sal word.

Intussen het Turkye daarby aangesluit en gesê die land is gereed om militêr in te gryp as die Koerde ’n staat van onafhanklikheid sou aankondig.

Ankara het ook gedreig dat sanksies teen die Koerde ingestel sal word, maar die Koerdiese leier sê sy volk eis onafhanklikheid.

Soldate van Irak se weermag het saam met die Turkse weermag begin in militêre oefeninge kort nadat Irak se eerste minister, Haider al-Abadi , ’n ultimatum aan die Koerde uitgereik het om die twee internasionale lughawens onder Irakse beheer te plaas voor of op Vrydag, anders sal die regering militêr moet optree.

Hy het later gesê die referendum was ’n “historiese en strategiese fout van die Koerdiese leiers”.

Die 40 miljoen Koerde is bekend vir hulle uitmuntende oorlogvoering teen terroriste, en is tans ernstig om hulle onafhanklikheid te kry aangesien hulle die grootste volk ter wêreld is wat nie oor onafhanklikheid en eie grondgebied beskik nie.